School sportSport

Pietie-o/15’s laat waai met wilgerlat

Daar was geen keer aan die o/15-krieketspan van Hoërskool Pietersburg (PHS) aan die begin van die skoolvakansie nie.

POLOKWANE – Die span was op ‘n kriekettoer en het baie goed gevaar. Die Merensky Krieketweek het plaasgevind van Maandag 27 Junie tot Vrydag 1 Julie. Die o/15-span was tevrede met die uitkoms van die toer waar hulle drie van hul vyf wedstryde gewen het. “Dit was ‘n wonderlike week vol goeie krieket en baie pret. Baie dankie aan die seuns en die afrigters, Lowe Kruger en Wilrico Gadney. Ons sien uit na die seisoen wat voorlê. Baie geluk manne,” het Linki Louw Roodt van PHS gesê.

Die uitslae is as volg:

• 27 Junie: PHS teen Hoërskool Merensky

PHS teken 245 lopies aan, almal uit.

Hoërskool Merensky is almal uit vir 135 lopies.

PHS wen met 110 lopies.

• 28 Junie: PHS teen Pretoria-Noord

Pretoria-Noord is almal uit vir 76 lopies (in 23 beurte).

PHS teken 77 lopies aan in 12 beurte.

PHS wen met 10 paaltjies.

• 29 Junie: PHS teen Heidelberg Volkies

Volkies teken 218 lopies aan in 50 beurte.

PHS teken 197 lopies aan in 47 beurte (almal uit).

PHS verloor met 21 lopies.

• 30 Junie: PHS teen Hoërskool Zwartkops

Zwartkops teken 253 lopies aan, almal uit.

PHS teken 177 lopies aan, almal uit.

PHS verloor met 76 lopies.

• 1 Julie: PHS teen Hoërskool Garsfontein

Garsfontein teken 94 lopies aan, almal uit.

PHS wen die wedstryd met een paaltjie.

riana@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button