EntertainmentLifestyle

Vergeet-My-Nie se basaar weer ‘n treffer

Martha Hofmeyer Tehuis het 'n basaar gehou om geld in te samel vir die onderhoud en dienste van die Vergeet-My-Nie woonstelle vir bejaardes.

POLOKWANE – Martha Hofmeyer Tehuis het ‘n basaar gehou om geld in te samel vir die onderhoud en dienste van die Vergeet-My-Nie woonstelle vir bejaardes.

Daar is 90 woonstelle waarin self versorgende bejaardes bly. Daar was tien tafels met verskillende lekkernye om van te kies.

Sewe van die tafels se goedere is geskenk deur gemeentes van die dorp en die inwoners het ook ‘n tafel gehad waar hulle tuisgemaakte naald- en breiwerk verkoop het. Die Vroue Landbou Unie en Suid Afrikaanse Vroue Federasie het ook elkeen ‘n tafel geskenk.

Daar was pannekoeke, kerrie en rys, beskuit, groot koeke en kleinkoekies, verskillende terte en nog vele ander lekkernye te koop.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button