Myone Turner is is die Polokwane Dramaskool se mees kreatiewe student.
POLOKWANE – Die Polokwane Dramaskool het op 25 Oktober hulle jaarlikse opvoering en prysuitdeling aangebied.
Louise Groenewald, stigter van die dra-maskool, het vertel dat die kinders hard gewerk het dwarsdeur die jaar en daarom is hulle beloon vir die prestasies wat hulle bereik het.
“Dis lekker om aan die einde van ‘n lang jaar se harde werk te voel dat jou prestasies raakgesien word en jy iets kan wys daarvoor. Ek gee vir elke liewe kind wat die jaar klaargemaak het ‘n prys. Almal het talent, maar elkeen presteer op ‘n ander gebied.”
Dylan Posselt is is die Polokwane Dramaskool se mees hardwerkende seunstudent.
Eduard Rautenbach is die Polokwane Dra-maskool se mees veelsydige student.
Elna Davel is die Polokwane Dramaskool se student wat die meeste gegroei het deur die jaar.
Harold Whitehead is die Polokwane Dra-maskool-student wat die meeste vordering gemaak het in 2013.
Louise van den Bers is die Polokwane Dra-maskool se beste nuweling vir 2013.
Myone Turner is is die Polokwane Dramaskool se mees kreatiewe student.
Lucille Markgraaf is is die Polokwane Dra-maskool se mees hardwerkende meisiestudent.
Beatri Pienaar is die Polokwane Dramaskool se beste rolspeler.
Anret Davel is die Polokwane Dramaskool se student van die jaar.