EntertainmentLifestyle

Motorfietse brullend in die bos by dié erediens

Motorfietsryers van in en om Polokwane, asook lede van die Doornbult-gemeenskap het Sondag 'n saamtrek by die Soetdorings Buiteklub bygewoon waar hulle ook 'n kerkdiens saam geniet het.

POLOKWANE – Motorfietsryers van in en om Polokwane, asook lede van die Doornbult-gemeenskap het Sondag ‘n saamtrek by die Soetdorings Buiteklub bygewoon waar hulle ook ‘n kerkdiens saam geniet het.

Motorfietsgeesdriftiges wat die kerkdiens op Sondag bygewoon het, het ook ‘n kaartjie gekry om ‘n gratis Sondagmiddagete by die klub te geniet.

Die diens vir die 180 gaste is gelei deur pastoor André de Lange en die lofprysing is deur die bekende sanger, Manie Jackson gelei.

“Baie dankie aan die publiek en die biker-vriende wat die kerkdiens bygewoon het. Dit was ‘n groot sukses en ons sien uit na die volgende diens,” het Peet Kruger, eie-naar van Soetdorings Buiteklub gesê.

Die volgende kerkdiens by Soetdorings sal op 15 Desember plaasvind. Dit sal die Bikers Kersdiens wees met Will Jordan wat die lofprysing sal lei.

Die eienaars van Soetdorings beplan om een keer per maand kerkdienste vir motorfietsliefhebbers aan te bied.
Die eienaars van Soetdorings beplan om een keer per maand kerkdienste vir motorfietsliefhebbers aan te bied.
Inid en Armand Erasmus is opgewonde om die motorfietskerkdiens by te woon.
Inid en Armand Erasmus is opgewonde om die motorfietskerkdiens by te woon.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button