EntertainmentLifestyle

Etios kry verskeie verfynings by vir die 2015-modeljaar

Toyota se gewilde Etios, wat pal op die topverkoperlys is, het nog verfynings vir die 2015-modeljaar bygekry.

POLOKWANE – Toyota se gewilde Etios, wat pal op die topverkoperlys is, het nog verfynings vir die 2015-modeljaar bygekry. Hoewel sy buite-opkikkering tot ’n nuwe rompkleur, Jet Grey-metaalvlokkieverf, beperk is, is die meeste veranderings aan die binnekant aangebring.
Sy splinternuwe antrasietkleurige doekstofbekleedsel met ’n netjies ontwerpte stippellyn gee die binne-afwerking van die Xs-modelle ’n meer volwasse gevoel.
Daarbenewens word ’n nuwe klankstelsel vir die Etios ingespan (standaard vir die Xs). Hierdie fabrieksgemonteerde dubbeldin-eenheid bied Bluetooth-werking en is netjies in die voorpaneel ingebou.
Die klavierswart afwerking met verchroomde beslag weerspieël die metaalagtige groefies wat die instrumente in die middel en die lugvloeikontroles versier.
Die gehaltegevoel word voortgesit deur die bagasieruim-bedekking wat nou in al die luikrugmodelle opgelig kan word.
Dieselfde viersilinder-enjin van 1,5 liter wat aan ’n vyf-gang-handratkas gekoppel is en ’n noemenswaardige 66kW teen 5 600rpm en 132Nm se wringkrag teen 3 000rpm lewer, is steeds onder die enjinkap. Sy brandstofekonomie in die gekombineerde siklus is 5,9 liter per 100km vir die sedan en 6,0 liter per 100km vir die luikrug.
Die beste nuus is dat al hierdie verbeterings nie ’n gat in kopers se sakke gaan ruk nie. Die jongste opkikkering het tot ’n simboliese prysstyging van net R100 regdeur die hele reeks gelei.

Dieselfde viersilinder-enjin van 1,5 liter wat aan ’n vyf-gang-handratkas gekoppel is en ’n noemenswaardige 66kW teen 5 600rpm en 132Nm se wringkrag teen 3 000rpm lewer, is steeds onder die enjinkap.
Dieselfde viersilinder-enjin van 1,5 liter wat aan ’n vyf-gang-handratkas gekoppel is en ’n noemenswaardige 66kW teen 5 600rpm en 132Nm se wringkrag teen 3 000rpm lewer, is steeds onder die enjinkap.

Neem asseblief kennis dat ’n diensplan oor twee jaar of 30 000km deel van al die Etios-modelle se pryse is:
• Etios 1.5 HB Xi – R134 500
• Etios 1.5 HB Xs – R143 600
• Etios 1.5 SD Xi – R141 100
• Etios 1.5 SD Xs – R150 000
• Etios Cross – R164 700.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button