Wen groot pryse met Osieteddies
WEN groot pryse met Koskaskenades, ‘n fondsinsamelingsprojek wat deur Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum gereël word.

POLOKWANE – WEN groot pryse met Koskaskenades, ‘n fondsinsamelingsprojek wat deur Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum gereël word.
Teen net R25 per kaartjie kan jy ‘n kostrollie ter waarde van meer as R6 000 wen!
Die prys sluit kruideniersware in, asook brandstof wat jou ver sal kry in ‘n maand, asook ‘n paar ekstra bederfies.
Gee jou begroting ‘n blaaskans in Julie en skryf nou in. Die borge van die kompetisie is Limpopo Toyota, Howick’s Overnight Accommodation, Pietersburg Klub, Sasol Bendor, The Local Choice (voorheen Pharmwell apteek) en Cabellos haarsalon.
Om jou kaartjie te koop, skakel die skool by (015) 296 0940 om jou kaartjie te koop, of koop ‘n kaartjie by ‘n Osieteddie-ouer. Die kompetisie sluit op 19 Junie. Die wenner sal deur die skool in kennis gestel word en moet beskikbaar wees vir ‘n foto.



