EntertainmentLifestyle

Groot vliegdag vir Area 51 se modelvliegtuigklub

Die Area 51 RC Flyers modelvliegtuigklub reël 'n groot vliegdag vir die inwoners van die stad om te geniet.

POLOKWANE – Die Area 51 RC Flyers modelvliegtuigklub reël ‘n groot vliegdag vir die inwoners van die stad om te geniet.

Die vliegdag sal op Saterdag, 18 Julie by die Area 51 Klub plaasvind wat op die Tzaneenpad is oorkant Dalmada. Klubs van so ver as Klerksdorp sal die dag ook hul vliegvernuf ten toon kom stel. Die ‘Stick’ met ‘n 3.8 m vlerkspan en ‘n 222cc, vier-silinder boxer enjin wat die grootste stipe ‘Stick’ modelvliegtuig is sal ook te sien wees.

Ander modelvliegtuie wat ook deur die dag daar sal wees is die 35%-skaal grootte Cessna 182 met ‘n vier meter vlerkspan, die 30%-skaal grootte Swordfish met ‘n sewe silinder enjin en ‘n radiaal-vlerkspan, die 33%-skaal grootte Piper Pawnee met ‘n 3.3 meter vlerkspan om maar ‘n paar te noem.

Die dag sal om 08:00 afskop en toegang beloop R10 per persoon. Daar sal ook ‘n kompetisie deur die loop van die dag wees, kaartjies beloop R100 per persoon.

As jou kaartjie getrek word kan jy ‘n splinternuwe modelvliegtuig wen.

Daar sal ook verskeie stalletjies wees, so bring jou gesin en kom geniet die dag saam met hulle.

 

New pilots get a chance to fly

His love for photography reaches new planes

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button