EntertainmentLifestyle

Brei ‘n beer en maak kinderharte bly

Gee jou idees en kreatiwiteit vrye teuls in Bosveld se winter Teddiekompetisie.

MOKOPANE – Trek jou breipenne en wol nader en brei ‘n oulike teddiebeer om ‘n kinderhart te verbly.

Is jou teddie dalk die kleurvolste, die oorspronklikste of die een wat uitstaan in die bondel met sy Bloubultrui of karaktervolle gesig? Bosveld sal aan die einde van Julie al die teddies van nader beloer en vyf gelukkige wenners aanwys.

Die teddiebere, groot of klein, sal aan verskeie organisasies oorhandig word wat betrokke is by die welstand van kinders.

Vind hierby die inskrywingsvorm en ‘n basiese patroon vir ‘n teddie. Spring aan die werk en onthou om vir jou teddie ‘n gepaste naam te gee! Kom handig die beer saam met jou inskrywingsvorm in by ons kantoor.

Basiese patroon vir ‘n teddiebeer

Benodighede:

Wol en ‘n paar breinaalde

Bene:

– Stel 12 steke op

– Brei 40 rye regs

– Heg af

– Herhaal vir tweede been

Lyf:

– Met die twee bene op die naald, brei oor die 24 steke regs vir 30 rye

– Heg 14 steke aan die einde van ry 30 aan vir die arm

– Brei terug en heg aan die einde van ry 31 weer 14 steke aan vir ander arm (totaal van 52 steke op breinaald)

– Brei nou 13 rye en heg 16 steke af aan die kant wat eerste aangeheg was

– Brei terug en heg weer 16 steke af (20 steke bly oor vir kop)

– Brei een ry regdeur

Kop:

– Met 20 steke vermeerder een na elke 4de steek sodat daar weer 24 steke op naald is

– Brei 28 rye en heg af

Afwerking:

– Werk aanmekaar en los kop bo oop om stopsel in te sit

– Werk dan toe en werk ogies en neusie op.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button