EntertainmentLifestyle
Beer kuier by Kansa Mokopane
Die jaarlikse Cuppa For Cansa-fondsinsamelingsprojek word op Saterdag, 7 Oktober vanaf 10:00 by die N.G. Kerk Potgietersrus-Oos gemeente gehou.
MOKOPANE – Die inspirerende spreker, Lynette Beer van Seeds of Inspiration gaan sorg vir humoristiese vermaak. Met dié projek beoog Kansa om ‘n vreugdevolle en interresante projek vir die gemeenskap aan te bied. Beer gaan gesels oor die vier verskillende tempramente van ‘n persoon.
Kom geniet die heerlike oggend en help so om ‘n verskil te maak.
Kaartjies is beskikbaar teen R100 per persoon by die Kansa kantoor in 81 Geyserstraat of kontak 083 272 2196 vir meer inligting.




