Handgeduntes Mark bied uitsonderlike variasie, eiesoortige items

Met Kersfees om die draai sal die Handgeduntes Mark, wat van 25 tot 27 Oktober in die stad gehou word, die ideale geleentheid wees om unieke sakpasgeskenke uit ‘n groter verskeidenheid aan te koop. Die mark word elke jaar deur ‘n inspirerende groep vroue wat hulself Kreatiwityd noem, gereël en vind by NG Kerk Pietersburg-Noord …

Met Kersfees om die draai sal die Handgeduntes Mark, wat van 25 tot 27 Oktober in die stad gehou word, die ideale geleentheid wees om unieke sakpasgeskenke uit ‘n groter verskeidenheid aan te koop.
Die mark word elke jaar deur ‘n inspirerende groep vroue wat hulself Kreatiwityd noem, gereël en vind by NG Kerk Pietersburg-Noord se saal plaas. Groeplid, Erina van der Merwe, sê hul 15 vroue kom elke Maandag bymekaar om pragtige items te maak. Hulle geniet dit om oulike of uitdagende brei- en hekelpatrone aan te pak en die items word by die mark van die hand gesit.
Vanjaar het hulle onder meer speelgoeddiere gebrei en aan ‘n ‘Knitted Knockers SA’-projek, wat deur Cansa ondersteun word, gewerk waar borsproteses vir vroue wat mastektomieë of soortgelyke borsprosedures ondergaan het, gebrei word.
Benewens die organiseerders se werk, bied die mark ook aan plaaslike inwoners met vlytige vingers geleentheid om hul werk uit te stal en te verkoop. Items wat beskikbaar sal wees sluit klere, skilderye, uitstalborde, draadwerk en juweliersware in.
Watertandeetgoed soos biltong, roomys, bokmelkkaas, pannekoek, dekadante broodjies en boerekos soos bobotie sal te koop wees. Vir diegene wat dors raak, sal daar ‘n groot keuse van onder meer mampoer, wyn, gin, koffie en koeldrank wees. Die teetuin met heerlike tuisgemaakte etes asook drinkgoed beloof om ‘n oase vir moeë markgangers te wees. “Vanjaar se verlengde ure maak dit moontlik om rustig inkopies te doen, gesellig saam met die gesin te eet en dan ontspanne huiswaarts te keer,” sê Van der Merwe.
Die geld wat Kreatiwityd insamel, word aan Noordgemeente geskenk.
Die mark sal Donderdag, 25 Oktober van 10:00 tot 18:00, Vrydag, 26 Oktober van 10:00 tot 20:00 en Saterdag 27 Oktober van 09:00 tot 13:00 oop wees.
Vir meer inligting kan Van der Merwe by 082 372 7282 geskakel word.

Speelgoeddiere wat met liefde deur Kreatiwityd gebrei is, is die ideale geskenk.
Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button