EntertainmentLifestyle

Die Upmarket Markte is oop tot môre

Hierdie geliefde mark belowe vele interessante stalletjies asook die gewilde koffiewinkel.

POLOKWANE – Die Upmarket Markte is weer terug in Polokwane vanaf 24 Augustus to 5 September.

Hierdie geliefde mark vind weer plaas by Pietersburg Laerskool met die ingang in Thabo Mbeki Straat. Dit is oop op weeksdae vanaf 10:00 tot 19:00 en Saterdae vanaf 09:00 tot 19:00. Behalwe vir vele interessante stalletjies is daar ook die gewilde koffiewinkel waar besoekers kan kuier.

Ander aktiwiteite gedurende die naweek sluit in die jaarlikse Clivia skou en die N.G. Renosterpoort Kerk se basaar.

N.G. Renosterpoort Kerk basaar

Die basaar vind plaas op 5 September vanaf 07:30. Daar sal geen ontbyt wees nie, maar die gewone vleis, nagereg, terte en pannekoek sal beskikbaar wees, Daar sal ook ‘n witolifanttafel, gebak, vars groente en naaldwerk wees. Vir meer inligting, kontak Erika Brits by 082 445 8206.

Clivia skou

Inwoners kan daarna uitsien om ‘n verskeinheid van hierdie pragtige kleurvolle blomme te kry by 51A Groblerstraat. Die skou vind plaas op 5 en 6 September. Vir meer inligting kontak Pieter van Eeden by 082 448 4251.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button