Lifestyle

Verruil só snorktyd vir slaaptyd

Daar is 'n aantal maniere wat jy jou snork kan stuit. Lees meer hier:

POLOKWANE – Daar is talle kere wanneer snork as oulik beskou kan word. Dié sluit in ‘n baba hondjie of selfs ‘n kind wat snork.

Dieselfde kan egter nie gesê word wanneer jou man langs jou in die bed lê en balke saag nie.

Snork word deur vibrasies veroorsaak, soos wanneer jy praat en jou stembande vibreer om die lugvloei van die longe in hoorbare polse te verdeel.

Wanneer jy snork laat die weefsel in jou keel die lugvloei vibreer en dit veroorsaak die snork geluid.

As jy slaap, ontspan die keel- en tongspiere wat die sagte verhemelte insluit.

Daar is ook ander oorsake van snork.

Die sluit in om oorgewig te wees, die verkeerde slaapposisie, slaapapnee, buitensporige dik keelweefsel, ‘n toe neus en gewoontes soos rook, drink en selfs medikasie.

Om snork te vermy kan jy ‘n gesonde leefstyl handhaaf, oefen, ophou rook; kalmeermiddels, antihistamiene, alkohol of ‘n swaar maaltyd kort voor slaaptyd vermy, eerder op jou sy as op jou rug slaap en gesonde slaappatrone kweek.

Jy kan ook oorweeg om nog ‘n kussing onder jou kop te sit of die koppenent van jou bed met 10cm te lig.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button