Koop jou kaartjies nou vir die Winterfees!
Kry hier jou program van aanhoudende vermaak waarop jy nie kan uitmis nie:

POLOKWANE – Hierdie Junie beloof om die toon aan te gee vir die winter met vieringe tydens die Container Bar se Winterfees.
Op 2 Junie skop die fees af met ‘n optrede deur Tuin en Francois van Coke.
Lees meer: Witwarm Winterfees binnekort in Polokwane
Tydens die tweede dag van die vierdagse fees sal Jay du Plessis, Riaan Benade, Juan Boucher en Dirk van der Westhuizen op die verhoog wees terwyl Pietman Geldenhuys, Brendan Peyper, Elandré, Franja du Plessis, JP Zeelie, Swerwer en The Barbosa Experience Saterdag gaan optree.
Die laaste dag van die fees sal Jo Black en Karlien van Jaarsveld op die verhoog wees.
Oud en jonk kan pret hê by die fees wat van 2 tot 5 Junie by Grounded Container Bar op die N1-Noord plaasvind.
Elke dag sal gevul wees met opwindende kompetisies om aan deel te neem. Daar sal ‘n verskeidenheid stalletjies op die feesterrein wees wat kos, drinkgoed, juweliersware, kuns en vele meer aanbied. Vir die kinders sal daar addisionele aktiwiteite wees.
Kaartjies:
• 2 Junie: R250 vir volwassenes en R150 vir tieners.
• 3 Junie: R350 vir volwassenes en R250 vir tieners.
• 4 Junie: R350 vir volwassenes en R250 vir tieners.
• 5 Junie: R200 vir volwassenes en R100 vir tieners.
• Naweekkaartjie: R1 050 vir volwassenes en R625 vir tieners.
Kinders onder 10 jaar kan gratis ingaan.
Kaartjies beskikbaar by quicket.co.za onder die skakel Container Bar Winterfees.
Program
Donderdag, 2 Junie
11:30 – Hekke open
18:30 – Tuin
20:00 – Francois van Coke
Vrydag, 3 Junie
10:00 – Hekke open
18:00 – Dirk Van Der Westhuizen
19:00 – Juan Boucher
20:00 – Riaan Benade
21:00 – Jay
Saterdag, 4 Junie
10:00 – Hekke open
12:00 – The Barbosa Experience
12:30 – Swerwer
14:00 – The Barbosa Experience
14:30 – JP Zeelie Live
16:30 – The Barbosa Experience
17:00 – Franja du Plessis
18:00 – Pietman Geldenhuys
19:00 – Brendan Peyper
20:30 – Elandré
Sondag, 5 Junie
10:00 – Hekke open
13:00 – Karlien van Jaarsveld
14:00 – Jo Black




