EntertainmentLifestyle

Francois van Coke sien uit na tweede besoek aan stad

Van Coke sal Donderdagaand (2 Junie) om 20:00 op die verhoog by die Winterfees wees en vertel hy sien uit daarna om weer in die stad op te tree.

POLOKWANE – Bykans twee-en-‘n-half jaar na Francois van Coke vir die eerste keer Polokwane besoek het, tree hy weer hier op.

Dié keer sal hy te sien wees by die Winterfees wat vroeg in Junie by die Container Bar plaasvind. Van Coke sal Donderdagaand om 20:00 op die verhoog wees en vertel hy sien uit daarna om weer hier op te tree.

“Ek het nog net een keer in my loopbaan in Polokwane opgetree en sien baie uit om weer daar uit te kom.”

Lees ook: Winterfees: Pietman kom bekoor Polokwane

Van Coke, wie se regte van Badenhorst is, het in 2003 bekendheid verwerf toe hy deel van die Afrikaanse rock-groep, Fokofpolisiekar was. In 2015 skop hy sy solo-loopbaan af met die liedjie, Toe vind ek jou, wat saam met Karen Zoid gesing is.

Francois van Coke. Foto: André Badenhorst.

“Ek is baie lief vir musiek speel en dus, wanneer ek geboek word om iewers op te tree, sal ek enige plek op Aarde speel. Ek gaan terug Polokwane toe om dit waarvoor ek so lief is te doen.”

Van Coke het reeds saam met verskeie ander kunstenaars liedjies opgeneem waaronder Spoegwolf, Jack Parow, Early B en Die Heuwels Fantasties, maar hy droom om saam met Die Heuwels Fantasties nog te toer.

“Ek was nog nooit in Amerika nie, en sal graag daar wil optree. Ek put my inspirasie uit alles wat rondom ons gebeur en my familie is my grootste motivering, hulle gee my rede om te lewe. Musiek het altyd eerste in my lewe gekom, totdat ek ‘n familie gekry het.”

Op die vraag oor wie Van Coke se ‘spirit animal’ is, antwoord hy Tasché Burger. Tasché was die eerste vrou om met die wentitel van The Voice SA weg te stap, en Van Coke was haar mentor tydens die derde seisoen wat in 2019 op televisie uitgesaai is.

Om kaartjies te bespreek vir Van Coke se optrede op 2 Junie by Container Bar besoek CONTAINERBAR WINTERFEES (quicket.co.za).

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button