Afrikaanse musieklegende Gert van Tonder in stad

Afrikaanse liedjies van toeka se dae het weer nuwe lewe gekry toe Gert van Tonder, destydse lid van die gewilde Groep 2-sanggroep gaste tydens ‘n ontbyt by Koraal Aftreeoord in die stad vermaak het. Die geld wat ingesamel is, sal vir Koraal Aftreeoord se Hulpfonds aangewend word. Liedjies soos ‘Die padda wou gaan opsit’, ‘Daar …

Afrikaanse liedjies van toeka se dae het weer nuwe lewe gekry toe Gert van Tonder, destydse lid van die gewilde Groep 2-sanggroep gaste tydens ‘n ontbyt by Koraal Aftreeoord in die stad vermaak het. Die geld wat ingesamel is, sal vir Koraal Aftreeoord se Hulpfonds aangewend word.
Liedjies soos ‘Die padda wou gaan opsit’, ‘Daar is niks soos ware liefde’ en ‘Sproetjies’ waarmee Van Tonder en sy sangmaat, Sias Reyneke, in die sewentigs en tagtigs bekendheid verwerf het, het groot byval gevind en spesiale herinne­ringe teruggeroep. Van Tonder het ook ander bekende treffers soos ‘Something stupid’ en ‘Can’t help falling in love’ gesing.
‘n Plaaslike orkes, Tempo het ‘n paar items gelewer en orkesleier, Louwtjie de Lange, sê dat dit ‘n vooreg was om saam met so ‘n ge­vierde kunstenaar soos Van Tonder op te tree.

Storie, foto’s & video: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Gaste geniet die vermaak tydens die ontbyt wat by Koraal Aftreeoord aangebied is.
Gert van Tonder, naaslinks voor, met lede van die Tempo Orkes, Pieta Badenhorst en Louwtjie de Lange, voor. Agter is Juan du Bruyn, Nico Erasmus en Frikkie Venter.

 

Back to top button