Begrafnissaak lig senior burgers in

Inwoners van Koraal Aftree-oord in die stad het Vrydagmiddag eers na belangrike inligting geluister waarna hulle hartlik saamgesing en selfs ‘n paar danspassies uitgevoer het. Die geleentheid was deel van Avbob se landswye toer waartydens senior burgers oor begrafnisvoordele ingelig is en geleentheid gemaak is om met plaaslike verteenwoordigers kennis te maak. Rienie Coetzee, skakelbeampte …

Inwoners van Koraal Aftree-oord in die stad het Vrydagmiddag eers na belangrike inligting geluister waarna hulle hartlik saamgesing en selfs ‘n paar danspassies uitgevoer het.
Die geleentheid was deel van Avbob se landswye toer waartydens senior burgers oor begrafnisvoordele ingelig is en geleentheid gemaak is om met plaaslike verteenwoordigers kennis te maak.
Rienie Coetzee, skakelbeampte vir senior burgers van Avbob het dokumentbundels uitgedeel en verduidelik dat dit nuttig deur naasbestaandes aangewend kan word wanneer reëlings tydens ‘n sterfgeval getref moet word.
Die bundels bevat onder meer ‘n lewende testament en belangrike inligting oor ‘n persoon se laaste wense. “Die doel is om na ons senior burgers wat Avbob al die jare ondersteun het, uit te reik en ons dienste ook aan ander bekend te stel,” het Coetzee gesê.
Die gehoor was beïndruk met die twee sangers, Chris Coetzer en Greunen Parker se sang toe hulle die verrigtinge afgesluit het met ‘You raise me up’ en ‘Jerusalem’.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Hooffoto: Elinor Hugo, inwoner van Koraal Aftree-oord, Rienie Coetzee, skakelbeampte vir senior burgers van Avbob, Lyna Vivier en Fransie Griesel, inwoners van Koraal Aftree-oord, Chris Coetzer en Greunen Parker, gaskunstenaars, en Sanet de Beer, bestuurder van Avbob Polokwane.

Gaste luister aandagtig na Avbob se aanbieding by Koraal Aftreeoord.
Tenoor Chris Coetzer vermaak seniors tydens Avbob se aanbieding.
Back to top button