Boeremusiekliefhebbers dans ten spyte van reën
Ondanks die onlangse gure weer het boeremusiekliefhebbers hulle in ‘n tent op die rugbyveld by Pietersburg Laerskool in die musiek deur boereorkeste van die stad en so ver as Rustenburg verlustig. Eugene van Heerden, organiseerder, sê boeremusiekliefhebbers het gedurende die dag gekom en gegaan en selfs saam geskoffel. “Ná die Blackie Swart-konsert het ons nog …
Ondanks die onlangse gure weer het boeremusiekliefhebbers hulle in ‘n tent op die rugbyveld by Pietersburg Laerskool in die musiek deur boereorkeste van die stad en so ver as Rustenburg verlustig.
Eugene van Heerden, organiseerder, sê boeremusiekliefhebbers het gedurende die dag gekom en gegaan en selfs saam geskoffel.
“Ná die Blackie Swart-konsert het ons nog tot middernag gespeel en gedans.”
“Ons trek ‘n nuwe baadjie vir tradisionele musiek aan wat jongmense ook van hou en kan laat voortleef.”
Van Heerden sê hy is dankbaar dat boeremusiek nog deur radiostasies gespeel word en sal graag meer boeremusiekprogramme op TV wil sien.
Die Limpopotak van die Boeremusiekgilde bestaan tans uit 42 lede en boeremusiekliefhebbers wat wil aansluit, kan Van Heerden by 082 828 0255 skakel.
Storie, foto & video: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com
