Geen einde aan kleuters se energie en gees nie
Kleuters van Erica Pre-primêre Skool het Saterdag tydens die skool se atletiekdag hul talent op die atletiekveld ontwikkel wat voorafgegaan is met ‘n pretdraf. Sowat 400 atlete, ouers en ondersteuners het vroegoggend aan ‘n 5- of 10 km-pretdraf deelgeneem en die oefening in die vars lug geniet. Die kleuteratletiek het met ‘n amptelike optog begin …
Kleuters van Erica Pre-primêre Skool het Saterdag tydens die skool se atletiekdag hul talent op die atletiekveld ontwikkel wat voorafgegaan is met ‘n pretdraf.
Sowat 400 atlete, ouers en ondersteuners het vroegoggend aan ‘n 5- of 10 km-pretdraf deelgeneem en die oefening in die vars lug geniet.
Die kleuteratletiek het met ‘n amptelike optog begin en die skool se pom-pom meisies het toeskouers met hul danspassies vermaak en die res van die skool met krete en liedjies gelei. Die kleingoed het ‘n 50 m naelloop voltooi voordat hulle ‘n hindernisbaan aangepak het waartydens hulle moes spring, kruip en hardloop vir ‘n vale.
Tydens al hiedie opwinding was daar genoeg stalletjies met eet- en drinkgoed om mae vol en kele nat te hou. Daar was ook ‘n muntlegging om die skool se koffers aan te vul.
BB Polokwane Suzuki was die hoofborg van die dag en Caltex Ivypark het R5 000 aan die skool oorhandig. Die atletiekdag se totale opbrengs was R54 000 wat vir die skool aangewend sal word.
Storie en foto’s: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za









