Gewilde Kersmark weer groot trekpleister vanjaar
Inwoners van die stad stroom hierdie week weer na die immergewilde Kersmark wat jaarliks by AGS Taberna Dei Moederkampus in Jorissenstraat gehou word. Die mark het Vrydag geopen en sal tot Saterdag oop wees sodat markgangers genoeg tyd het om rustig deur die uitstallings te stap en die perfekte Kersgeskenke uit te snuffel. Ougoed …

Inwoners van die stad stroom hierdie week weer na die immergewilde Kersmark wat jaarliks by AGS Taberna Dei Moederkampus in Jorissenstraat gehou word.
Die mark het Vrydag geopen en sal tot Saterdag oop wees sodat markgangers genoeg tyd het om rustig deur die uitstallings te stap en die perfekte Kersgeskenke uit te snuffel.
Ougoed en hougoed, mooigoed en lekkergoed wat nie maklik op ander plekke gevind sal word nie bied unieke geskenkidees wat in elkeen se smaak sal val.
Organiseerder, Daleen Brönn sê dat spesiale aandag aan detail geskenk word en dat vanjaar se markitems soos vars koningproteas, kosbare juweliersware, kunswerke, houtsneewerk, gebruiksitems, dekorstukke en speelgoed vir elkeen iets bied.
Vir smulpape is die eetgoed nie te versmaai nie. Die teetuin bied ligte vars voorbereide etes teen billike pryse aan.
Storie en foto’s: NELIE ERASMUS
>>nelie.observer@gmail.com
Hooffoto: Marie Viljoen by ‘n geskenkstalletjie by die mark.


