Glow Show leer weerbaarheid teen boelies
Gloeistokkies en neonkleurige uitrustings het Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se skoolsaal opgehelder tydens die Goeie Nuus Fabriek se God Laat Ons Wen (Glow) Show wat verlede Donderdag gehou is. Goeie Nuus Fabriek is ‘n Christelike kinder- en jeugbediening wat in Pretoria gebaseer is. Stigter, Erich Posthumus, sê die vertoning is ‘n verlenging van hul Boelieprufe-program wat …

Gloeistokkies en neonkleurige uitrustings het Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se skoolsaal opgehelder tydens die Goeie Nuus Fabriek se God Laat Ons Wen (Glow) Show wat verlede Donderdag gehou is.
Goeie Nuus Fabriek is ‘n Christelike kinder- en jeugbediening wat in Pretoria gebaseer is. Stigter, Erich Posthumus, sê die vertoning is ‘n verlenging van hul Boelieprufe-program wat die vorige dag tydens saalopening aangebied is.
Tydens die lewendige en kleurvolle interaktiewe vertoning het Posthumus, sy 13-jarige seun, Bernard, en negejarige dogter, Zoey, leerders aangemoedig om saam met hulle te sing, dans en lag terwyl die liedjes op leerders se selfwaarde fokus. “Die doel is om kinders te help om teen boelies op te staan en genesing te ontvang vir probleme wat boeliegedrag veroorsaak,” sê Posthumus.
Glow Show het verlede jaar ontstaan nadat Posthumus musiekvideo’s vir Kruiskyk gemaak het en sy eerste kindermusiekalbum, ‘Ek volg vir Jesus’, vrygestel is.
Storie, foto’s en video: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za
