Graad RR-Teddies skitter tydens medaljeparade
Uitgevat in swart en rooi togas het die 75 graad RR-leerders van Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum onlangs hul amptelike medaljeparade gehad en na Oosskool se graad R-klas gegradueer. Na ‘n konsert deur die Tuin-, Vakansie-, en Sirkusbere het die seremonie begin. Tydens elke amptelike oorhandiging van ‘n sertifikaat en medalje, is ‘n foto van die betrokke kind, …

Uitgevat in swart en rooi togas het die 75 graad RR-leerders van Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum onlangs hul amptelike medaljeparade gehad en na Oosskool se graad R-klas gegradueer.
Na ‘n konsert deur die Tuin-, Vakansie-, en Sirkusbere het die seremonie begin.
Tydens elke amptelike oorhandiging van ‘n sertifikaat en medalje, is ‘n foto van die betrokke kind, aangetrek volgens die beroep wat hul eendag wil volg, gewys.
Die aand is met ‘n geselligheid afgesluit waar die kleuters aan kolwyntjies gesmul en hul ouers en onderwysers koffe, tee en koeksisters geniet het.
Storie en foto’s: NELIE ERASMUS
>>nelie.observer@gmail.com
Hooffoto: Linda Kruger, hoof van die Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum spreek die graad RR-ouers toe.






