Kolskote vir skuts tydens federasie se skietdag
Die Suid-Afrikaanse Sport- en Jagfederasie se Limpopotak het Saterdag hul maandelikse skietdag buite die stad gehou en lede het hul goed van hul taak gekwyt. Daar is oor kort- en langafstande meegeding en skuts het hul vernuf met handwapens, gewere en boë op die proef gestel. Die Limpopotak se sekretaris en tesourier, Hannes Willemse sê …
Die Suid-Afrikaanse Sport- en Jagfederasie se Limpopotak het Saterdag hul maandelikse skietdag buite die stad gehou en lede het hul goed van hul taak gekwyt.
Daar is oor kort- en langafstande meegeding en skuts het hul vernuf met handwapens, gewere en boë op die proef gestel.
Die Limpopotak se sekretaris en tesourier, Hannes Willemse sê die hoogtepunt van die dag was toe Melanie Becker geskiedenis gemaak het om die eerste seniorvrou te word wat op die 200 m jaggeweer-afdeling vol punte te skiet.
Sy het ook ‘n in die standaard handwapen senior vroue-afdeling met ‘n telling van 42 uit 50 ‘n eerste plek behaal. Sy is ‘n vrou wat uitnemend skiet en verskeie mans ‘n harde tyd op die baan gee, volgens Willemse. Sien Becker se storie elders.
Hannes Becker en Pieter Coetzer deel gesamentlik die eerste posisie in die jaggeweer-afdeling vir senior mans. Skuts wat eerste plekke behaal het, is Hanré Willemse, junior jaggeweer; Org van Zyl, senior mans boog- penne; Peet van Emmines, senior mans boog- ope; Rika van Zyl, senior vroue boogpenne; Jakes Jacobs, senior mans haelgeweer; Corné Willemse, senior vroue haelgeweer; Jaco Pretorius, senior mans standaard handwapen; Johan Claassens, veteraan mans standaard handwapen; Pieter Janse van Rensburg; .22 senior mans en Mariaan Janse van Rensburg, .22 senior vroue.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com




