Onverwagse storm veroorsaak groot skade
Polokwane was gistermiddag (Woensdag) in chaos gedompel toe ‘n onverwagse swaar reënbui en hael gepaard met stormwind uitgesak het. Strate het op verskeie plekke verspoel, motors het onklaar geraak, paaie is beskadig, bome het omgeval en byna die hele stad en omliggende hoewes was tydelik sonder elektrisiteit. Botsings regoor die stad het verkeersopeenhopings veroorsaak. Swaar …
Polokwane was gistermiddag (Woensdag) in chaos gedompel toe ‘n onverwagse swaar reënbui en hael gepaard met stormwind uitgesak het.
Strate het op verskeie plekke verspoel, motors het onklaar geraak, paaie is beskadig, bome het omgeval en byna die hele stad en omliggende hoewes was tydelik sonder elektrisiteit. Botsings regoor die stad het verkeersopeenhopings veroorsaak. Swaar donderweer het blykbaar ook ‘n meenthuis op ‘n hoewe op Palmietfontein getref waarna dit aan die brand geslaan het, maar die inligting kon nie bevestig word nie.
Die sterk vloei van die Sterkloopspruit het veroorsaak dat dit in President Krugerstraat oor die pad gespoel het en ‘n verkeersbeampte het die straat blokkeer om te verhoed dat motoriste dié laagwaterbrug probeer oorsteek.
Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com
Hooffoto: Motoriste moes by die laagwaterbrug in President Krugerstraat omdraai nadat die Sterkloopspruit die pad verspoel het. (Foto: RC Myburgh)