Osieteddies vier 18 goue jare met partytjie, Bertus Beer se besoek
‘n Groot beertjiekoek, geskenke en kolwyntjies vir elke kleuter was Vrydag deel van Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum se 18de verjaardag. “Ons is oor die jare werklik geseën. Osieteddies se ouers is die hartklop van die skool wat sorg dat ons jaarliks met vol klasse kan begin en elke jaar suksesvol kan afsluit. Hul harte is oop, hul …
‘n Groot beertjiekoek, geskenke en kolwyntjies vir elke kleuter was Vrydag deel van Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum se 18de verjaardag.
“Ons is oor die jare werklik geseën. Osieteddies se ouers is die hartklop van die skool wat sorg dat ons jaarliks met vol klasse kan begin en elke jaar suksesvol kan afsluit. Hul harte is oop, hul hande staan vir niks verkeerd nie en hul dra ruimhartig tot die skool se sukses by,” sê skoolhoof, Linda Kruger.
Bertus Beer het in die vieringe gedeel deur by elke klas te kuier en geskenke van die kleuters te ontvang wat voortaan tydens lesperiodes in die klasse gebruik sal word.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com




