Oudinwoner, sanger Faraway George kuier in Polokwane
Oudleerder van Hoërskool Pietersburg, Heinrich Gunter, oftewel Faraway George, ‘n opkomende jong stem op die Afrikaanse sangtoneel, het Saterdagaand voor ‘n gehoor wat grootliks uit ou vriende bestaan het, opgetree. 15OH5, ‘n plaaslike orkes met jong musikante, het in die voorprogram opgetree en gaste vir die hoofprogram opgewarm. Toe Faraway George aan die beurt kom, …
Oudleerder van Hoërskool Pietersburg, Heinrich Gunter, oftewel Faraway George, ‘n opkomende jong stem op die Afrikaanse sangtoneel, het Saterdagaand voor ‘n gehoor wat grootliks uit ou vriende bestaan het, opgetree.
15OH5, ‘n plaaslike orkes met jong musikante, het in die voorprogram opgetree en gaste vir die hoofprogram opgewarm.
Toe Faraway George aan die beurt kom, het die gehoor spontaan hande geklap en saamgesing terwyl hy met treffers soos ‘Goeie Hoop’, ‘Nooit te laat’, ‘Reisiger’ en ‘Vir ‘n vreemdeling’ bekoor het.
Gaste het hul eie eet- en drinkgoed gebring en die geur van varsgemaalde koffie wat in die voorportaal vanuit ‘n plaaslike barista en orkeslid, Ben Schempers, se bromponiewinkel bedien is, het tot die gesellige atmosfeer bygedra.
Aanhangers van Faraway George, Elrie Herholdt en Annerie van der Walt, sê dat hulle die konsert terdeë geniet het en was beïndruk met die vertoning.
Storie, foto’s & video: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com



