Vrolikheid en groot vermaak by Kalanderfees
Opwinding en groot pret het verlede week by Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) met hul jaarlikse Kalanderfees geheers. Die fees het met sjokolade-atletiek vir graad 1 tot 6-leerders begin asook ‘n juniorskoolfliek gevolg deur die seniors se ‘Glow Show’ verledee Maandagaand. Die juniors se ‘Glow Show’ was die volgende aand. Verlede Dinsdagoggend het die mallemeule afgeskop waarna …

Opwinding en groot pret het verlede week by Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) met hul jaarlikse Kalanderfees geheers.
Die fees het met sjokolade-atletiek vir graad 1 tot 6-leerders begin asook ‘n juniorskoolfliek gevolg deur die seniors se ‘Glow Show’ verledee Maandagaand. Die juniors se ‘Glow Show’ was die volgende aand.
Verlede Dinsdagoggend het die mallemeule afgeskop waarna waterspele ‘n fees was wat deur almal terdeë geniet is.
Verlede Donderdag het die Kontreifees plaasgevind waarna Mnr en Mej Lente die volgende dag gekroon is. Die fees het met ‘n welverdiende personeelete afgesluit.
Storie en foto’s: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za




