Local newsStreeknuus

Delmas Herleef herstel slaggate in Bredenkampstraat op Delmas

Die opdamming van water weens verstopte stormwaterslote het glo grootliks tot die massiewe slaggate in die straat gelei.

Bredenkampstraat op Delmas gee vir motoriste toegang na Laerskool Delmas se ingang asook die afdraai na 8ste Straat waarin Ons Eie Ouetehuis geleë is.

Die opdamming van water weens verstopte stormwaterslote het glo grootliks tot die massiewe slaggate in die straat gelei.

Dit het Delmas Herleef dan genoop om iets omtrent die haglike toestand van die straat te doen en die span het vroegoggend op 25 April aan die werk gespring om die pad te herstel.

Delmas Herleef, nou toegerus met sleepwaentjie met die nodige masjinerie, het eerstens die gate met ’n slypsnyer uitgesny, skoongemaak en daarna met sement gevul.

Daar was ook ’n sloot gegrawe om reënwater na die nabygeleë vleigebied te herlei en sodoende te verseker dat staande reënwater nie enige verdere skade aan die die pad sou veroorsaak nie. Terselfderyd het vrywilligers ook vanaf 14:00 rommel in dié omgewing opgetel.



Vir die veiligheid van padverbruikers en ook om die herstelde en gevulde slaggate kans te gee om behoorlik droog te word, was Bredenkampstraat tot en met 29 April vir verkeer gesluit.

Volgens inligting sou die Victor Khanye Munisipaliteit op dieselfde dag die stormwatersloot herstel, maar teen druktyd was daar nog geen werker in sig nie.

Doktor Martin van Rensburg het vir Cobus Human, Schoeman Boerdery en élkeen wat bygedra het om die straat te herstel opreg bedank.

“Dankie ook vir elke vrywilliger wat kom hand bysit en vir eet- en drinkgoed gesorg het. Dit was ’n reuse taak, maar een van belang vir die veiligheid van ouers en kinders wat hulle kinders by die laerskool kom op- en aflaai.

“Laat ons bly hande vat en saam ’n verskil maak.”


Related Articles

 
Back to top button