Local news

Secunda-vrou het hart vir kleingoed

Vrou gee twee keer weekliks klasse by babahuis.

Pearl Basson (54) se droom was nog altyd om haar eie kleuterskool oop te maak. Dit het ongelukkig nie gebeur nie, maar sy werk wel daagliks met babas en kleuters.

Basson het op Sabie grootgeword. Sy het ná matriek verskeie kursusse in vroeë kinderontwikkeling voltooi en ook so bietjie kindersielkunde.

Basson het egter eers by die munisipaliteit as finansiële klerk gewerk toe sy en haar man, Jopie Basson, sowat 25 jaar gelede na Secunda verhuis het.

Na vyf jaar het sy dit egter verruil vir ’n werk om geld in te samel by die nie-winsgewende welsynsorganisasie, Mpumalanga Mental Health.

Basson het vir agt jaar hiér gewerk en toe ook die eerste speelgoedbiblioteek in Suid-Afrika begin. Die Nelson Mandela Kinderfonds en ander organisasies was ook by dié projek van Basson betrokke.


LEES OOK: Supplier demands unpaid R1,56m from Govan Mbeki Municipality


Met die speelgoedbiblioteek kon kleiner sentrums, speelgroepies en kleuterskole, onder andere van eMbalenhle, weekliks of maandeliks of soos dit aan hulle behoeftes sou voorsien, speelgoed uitneem.

Die kinders by dié sentrums en kleuterskole het sodoende gereeld nuwe speelgoed gehad om mee te speel.

Basson hou ook daarvan om speelgoed vanuit items wat mesne daaglisk in hul huise gebruik, te maak.
Sy het 22 jaar terug by Mpumlanga Mental Health bedank toe sy ’n geleentheid gesien het om ‘Top Tots’ op Secunda oop te maak.

Met dié inisiatief, leer sy ouers om hul babas en kleuters verder te ontwikkel en verskeie takies met hulle uit te voer en om onder andere hul bene te masseer wat beweging en ontwikkeling bevorder.

Basson is op ’n jong ouderdom met rumatoïede artritis gediagnoseer wat veroorsaak dat sy nou nie meer dinge kan doen wat sy vroeërjare gedoen het nie.


LEES OOK: Community needs businesses’ help to get parkrun off the ground in Evander


Sy glo beweging en oefening, veral onder kinders, is van kardinale belang. Basson het besef dat daar ’n behoefte by die babahuis op Secunda is om tyd met die babas te bestee en hulle te stimuleer.

Sy en ’n groep vrywilligers besoek twee keer weekliks die babahuis en doen oefeninge met die babas en die kleuters. Basson glo hoe vroeër babas begin met oefeninge vir hul ontwikkeling, hoe beter.

“Dit is ook goed vir die ontwikkeling van hul brein,” het sy gesê.

“Ek sien skerms, of dit nou ’n televisieskerm, selfoon of iets anders is, is ’n baie groot probleem deesdae onder kinders en babas.”

Basson reken ’n kind van vier jaar oud en jonger het geen stimulasie van buite nodig nie, net ’n sterk band met hul ouers of versorger.

“Mamma’s by die huis dink hul babas of jong kinders raak verveeld, maar dit is die mamma se werk om die kleinding besig te hou en te stimuleer sodat hulle goed kan ontwikkel.”

Basson was nog altyd by welwillendheidsprojekte betrokke en as kinders aangeneem word, help sy graag om die band tussen die kind en hul nuwe aanneem-ouer te vestig en versterk.

“Baie ouers van vandag mis uit om ’n band met hul kinders te vorm. As jy nie tyd vir jou twee- of driejarige het nie, gaan jou 16-jarige eendag nie tyd vir jou hê nie.”

Sy glo gesinne bestee nie meer genoeg tyd met mekaar om byvoorbeeld saam om ’n tafel te sit en eet of saam te bid nie.

Basson gee ook gereeld opleiding aan kinderversorgers of kinderoppassers asook noodhulp-opleisingssessies.

“In die eerste sewe jaar van ’n kind se lewe is die emosionele versorging die belangrikste. Baie ouers voel ’n kind moet kleuterskool toe om te leer hoe om die toilet te gebruik, maar ek dink dit is beter as die ouers dit self vir hul kinders leer.

“In vandag se tyd is dit nie veilig om ’n vreemdeling te vertrou om jou kind te leer hoe om ’n toilet te gebruik nie.

“Die een-tot-een verhouding met jou kind is so belangrik, veral in die eerste twee jaar van hul lewe.”

Basson wil hê die babas en kleuters van die babahuis moet op ’n jong ouderdom reeds besef hulle het ook ’n plekkie in die samelewing en hulle is ook geliefd.

Van haar ouers by ‘Top Tots’ wie se kinders al groot is, is nou steeds by Basson se projekte betrokke en bring weekliks babas wat in pleegsorg is na Basson om ’n klas met hulle te doen.

“Van daardie kinders kan in die begin, as hulle die eerste keer hiernatoe kom niks doen nie, maar ’n mens kan baie vinnig reeds ’n verbetering en verandering sien. Al wat daardie kinders nodig het is net bietjie aandag en iemand wat vir hulle lief is.”

Basson het twee dogters waarvan een nog op hoërskool is en die ander een al werk. Beide woon nog by haar in die huis en in haar vrye tyd bestee Basson graag tyd met haar gesin.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button