Stoomtreintjies en Kersvader maak weer draai by Eendedammark op 9 December
Eendedam Kers Nagmark in samewerking met Secunda Steamers sal weer op 9 Desember vanaf 4nm tot 8nm stoom afblaas.
Soos verlede jaar sal dit ’n nagmark vol pret wees met baie vir oud en jonk om te geniet.
Diereliefhebbers moet nie die 2km-pretloop wat deur Little Paws Big Hearts aangebied word, misloop nie.
Dié pretloop sal soos vorige kere weer by die Eendedam plaasvind waar daar om die dam gestap word.
Kersvader sal weer ’n draai met sy Kerskar maak en jy kan weer ’n nagrit op die miniatuur stoomlokomotief neem.
Ponieritte en ’n modelskou met klere van Plaasnooi is van die aktiwiteite om na uit te sien.
Roe-Mhy bok- en skaapmelkprodukte, silwer juwele, koeksisters, Kerfeeskoekies en spookasem is net ’n paar van die produkte wat verkoop gaan word.
Registrasie vir die 2km-pretloop begin om 2nm en die pretloop om 3nm.
Koste beloop R40 per dier.
Vir meer inligting, skakel Jacqueline Erasmus by 084 533 4693 of me.Chantel Vorster by 081 013 4952 of stuur ’n Whatsapp na 072 594 0513.