Local sport

Posduiwe presteer in wedvlugte vanaf die Vrystaat na Secunda

Posduifklub se seisoen skop af.

Lede van die Secunda Posduifklub se duiwe het op 6 Junie meegeding in die eerste wedvlug vir die seisoen.

In die jaarvoëls-afdeling se wedvlug vanaf Winburg in die Vrystaat, het Allison Bros se duiwe eerste en vierde plekke behaal terwyl een van Koot Meyer se duiwe ’n tweede plek behaal het, een van die Steyn Familie se duiwe ’n derde plek, die Nysschen Hokke se duiwe vyfde en sewende plekke, Kinders van die Wind se hokke sesde, agtste en negende plekke en een van die Kotze Gesin se duiwe ’n 10de plek.

In die ope-afdeling, ook vanaf Winburg, het een van die Kotze Gesin se duiwe die vinnigste huis toe gevlieg en hul duiwe het ook sesde, sewende en agtste plekke behaal terwyl Allison Bros se duiwe ook uitgeblink het in dié afdeling en tweede, derde, vierde, vyfde en negende plekke behaal het.

Een van Koot Meyer se duiwe het 10de geëindig.

Op dieselfde dag het van die lede se duiwe aan ’n wedvlug vanaf Bultfontein, ook in die Vrystaat, na Secunda gevlieg en dié keer was dit een van Koot Meyer se duiwe wat die jaarvoëls-afdeling gewen het.

Sy duiwe het ook vierde, sesde en sewende plekke behaal terwyl die Steyn Familie se duiwe tweede, derde, agtste en 10de plekke behaal het en een van die De Nysschen Hokke se duiwe ’n negende plek.

Die duiwe het op 13 Junie weer hul uithouvermoeë gewys, dié keer het hulle vanaf Brandford in die Vrystaat huis toe gevlieg.

In die jaarvoëls-afdeling het die Steyn Familie se duiwe eerste, tweede en sewende plekke behaal terwyl Koot Meyers se duiwe behoorlik uitgeblink het en derde, vyfde, sesde, sewende, agtste, negende en 10de plekke behaal het en een van die De Nysschen Hokke se duiwe ’n vierde plek.

In die ope-afdeling het Allison Bros se duiwe skoonskip gemaak en eerste, tweede, derde, vierde, vyfde, sewende, agtste, negende en 10de plekke behaal terwyl een van die Steyn Familie se duiwe ’n sesde plek behaal het.

Die duiwe het op dieselfde dag ook vanaf Verkeerde Vlei in die Vrystaat huis toe gevlieg en in die jaarvoëls-afdeling was dit weereens een van Allison Bros se duiwe wat die vinnigste gevlieg het terwyl haar ander duiwe vyfde en sesde plekke behaal het.

Een van die Kinders van die Wind Hokke se duiwe het tweede geëindig en Koot Meyer se duiwe het derde, agtste, negende en 10de plekke behaal, een van die Steyn Familie se duiwe ’n vierde plek en een van die Kotze Gesin se duiwe ’n sewende plek.

In die ope-afdeling het Allison Bros se duiwe ook goed presteer en met die eerste, tweede, vierde, agtste, negende en 10de plekke weggevlieg.

Een van die Steyn Familie se duiwe het derde geëindig terwyl die Kotze Gesin se duiwe vyfde, sesde en sewende plekke behaal het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button