InternationalSport

Ermelo-potbalspelers presteer by SA’s

Cheyanne Drotsky is as die top speler van die Mpumalanga-vrouespan aangewys en het algeheel 19de geëindig.

Twee van Ermelo se potbalspelers, Cheyanne Drotsky en Veronica Wahlstrand was lede van die Mpumalanga-span wat deelgeneem het aan vanjaar se Suid-Afrikaanse Swart-balkampioenskap wat vanaf die 20ste Januarie tot die 26ste Januarie by Carnival City in Brakpan plaagevind het.

’n Totaal van 18 spanne van regoor Suid-Afrika en 91 vrouespelers het in die individuele uitdunne meegeding.

Albei spelers was in die Mpumalanga A-span wat algeheel agtste geëindig het.

Cheyanne Drotsky is as die top speler van die Mpumalanga-vrouespan aangewys en het algeheel 19de geëindig.

Sy is in die individuele uitdunne in die ronde van die laaste 32 spelers uitgeskakel.

Veronica Wahlstrand is algeheel 32ste en is in ’n harde stryd tydens die kwalifiserende ronde uitgeskakel.

Baie geluk aan die twee spelers van Ermelo.

Me. Veronica Wahlstrand is ene konsentrasie tydens haar voorbereiding vir die Suid-Afrikaanse Swart-bal kampioenskappe wat by Carnival City plaasgevind het. (Foto verskaf deur Me. Wahlstrand)
Veronica Wahlstrand en Cheyanne Drotsky het Ermelo verteenwoordig tydens vanjaar se Swart-Bal Suid-Afrikaanse Kampioenskap by Carnival City. (Foto: Cheyanne Drotsky)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button