InternationalSport

Rudie Snyman wen Laeveld Jagters Vereniging se skietdag

Rudie Snyman (sr.) het ’n totaal van 170 punte gehad, gevolg deur Sumé Snyman met 164 punte en kort op haar hakke was Nico Uys met 140 punte.

Rudie Snyman (sr.) was die algehele wenner van die langgeweerskiet-kompetisie op 17 Februarie by Klipfontein-skietbaan op die Amersfoort-pad .

Laeveld Jagtersvereniging (LJV) het die kompetisie aangebied.

’n Totaal van 13 skuts het dié skietdag aangedurf waar elke skut in slegs 15 langggeweerrondes, 15 .22-rondes en 10 haelgeweerrondes punte kon bymekaarmaak.

Rudie Snyman (sr.) het ’n totaal van 170 punte gehad, gevolg deur Sumé Snyman met 164 punte en kort op haar hakke was Nico Uys met 140 punte.

In die vroue-afdeling het René de Beer met 65 punte as die wenner weggestap, Ansuné Neethling was met 59 punte in die tweede plek en Anne-Marié Holtzhause met 39 punte in die derde plek.

Lees ook:  Skietdag ’n sukses

Rudie Snyman (sr.) was met 145 punte onoorwonne in die seniormans-afdeling, met Nico Uys tweede met 140 punte en Lourens Holtzhausen derde met 129 punte.

In die juniorseuns-afdeling het Rudie Snyman (jr.) in die eerste plek met 116 punte geëindig, gevolg deur Stephan Uys met 83 punte en Leon le Roux met 71 punte.

In die juniordogters-afdeling was daar slegs een deelnemer, Sumé Snyman.

Die LJV se volgende skietdag is ’n intertak-skietdag wat op 10 Maart in Gauteng plaasvind.

Enige skut is welkom om dit by te woon.

Piet van der Heever in aksie tydens die .22-afdeling met Christelle Neethling as baanoffisier. (Foto; verskaf)
Nico Uys maak seker hy skiet die teiken raak op die 200m langgeweer-baan. (Foto:verskaf)
Rudie Snyman (sr.) en Nico Uys skiet hier met hulle .22 gewere. (Foto: verskaf)

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button