Liggie-fietsryer behaal goeie prestasies
Hy het tydens die naweek van 24 Februarie aan die “Gauteng XCO Cup Championship” deelgeneem, wat by die Voortrekker Monument in Pretoria aangebied is, en die derde plek ingeneem nadat hy van ’n lelike val herstel het.

Jooste Coetzee, ’n leerling by Ligbron Akademie vir Tegnologie, het gedurende Februarie aan verskeie fietswedrenne deelgeneem en goeie prestasies behaal.
Jooste het op Saterdag, 3 Februarie aan die Mopani #1-wedren in Mbombela (Nelspruit) aan die 25km deelgeneem en die 0/14-afdeling gewen sowel as algeheel derde in die ope-afdeling geëindig.
Hy was op Saterdag, 10 Februarie, die wenner van die 0/14-afdeling by die “Gauteng XCO Friendly”-wedren wat by die Voortrekker Monument in Pretoria aangebied is.
Lees ook: Ligbron-seunshokkie bepaal spankeuses
Tydens die “Hakahana Enduro #1 Provincials”-wedren, wat op Sondag, 17 Februarie in Pretoria plaasgevind het, het Jooste in die 0/14-afdeling geseëvier en dit was ook die eerste keer wat hy by ’n “Enduro” meegeding het.
Hy het tydens die naweek van 24 Februarie aan die “Gauteng XCO Cup Championship” deelgeneem, wat by die Voortrekker Monument in Pretoria aangebied is, en die derde plek ingeneem nadat hy van ’n lelike val herstel het.
Jooste het op Saterdag, 3 Maart, by die Mopani #2 op Witrivier meegeding en in die 25km-wedren eerste in die 0/14-afdeling, asook algeheel tweede in die ope-afdeling geëindig.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.



