InternationalSport

Dié Wahlstrand broer en suster span ken van pool speel

“Ons geheim tot sukses is om ernstig te oefen, mikpunte te stel en hard te werk,” het Charles gesê.

Charles en Veronica Wahlstrand is ’n alombekende broer- en-susterspan in die potspelkringe.

Hul eerste blootstelling aan dié sport was in 1995 toe hul pa, mnr. Charles Wahlstrand, een van die stigters was van die 8-bal sportsoort in Mpumalanga.

Hy het dit self ook beoefen en gereeld sy kinders saamgeneem as hy aan kompetisies deelgeneem het.

Stelselmatig het Charles saam met sy pa begin oefen, maar is eers in 2001, op die ouderdom van 16, toegelaat om aan 8-bal proewe deel te neem.

Hy het in 2002 aan sy eerste Suid-Afrikaanse kampioenskap deelgeneem en Veronica het in 2003, op die ouderdom van 21, begin speel.

Sy het in 2004 vir die eerste keer by die Suid-Afrikaanse kampioenskap meegeding.

Lees ook:

Die eer om Mpumalanga te verteenwoordig tydens die 8-bal (nou “World Rules”) het Charles die afgelope 16 jaar nie een keer misgeloop nie.

Hy was vanaf 2001 tot 2008 deel van die 0/23 Mpumalanga-span, vir twee jaar in die halfeindstryd gespeel het en vanaf 2009 tot 2016 as lid van die ope-mansspan.

Charles het in 2012 sy Suid-Afrikaanse kleure gekry en Suid-Afrika in 2013 tydens die 8-bal Wêreldkampioenskap in Engeland verteenwoordig.

Veronica is in 2013 aangewys as die Mpumalanga vrouekampioen tydens die 8-bal (“World Rules”) kampioenskap.

Sy het ook in menige kompetisie die eer gehad om as die enigste vrou te wedywer.

Albei het in 2016 die toekenning as speler van die jaar in hul onderskeie afdelings ontvang wat, volgens hulle, baie spesiaal was.

Dit was Veronica se tweede agtereenvolgende jaar vir dié eerbetoon.

Hy is vanjaar gekroon as die snoekerkampioen tydens die “15-Reds” toernooi en was tweede in die “6-Reds”.

Lees ook: Charles wen die Snoekerkampioenskappe

Verlede jaar was ’n besondere jaar vir Charles waar hy Mpumalanga verteenwoordig het in al die dissiplines wat hy beoefen.

Hulle speel nie net 8-bal nie, maar ook 9-bal, 10-bal, snoeker, Swart-bal en Chinese 8-bal.

“Ons geheim tot sukses is om ernstig te oefen, mikpunte te stel en hard te werk,” het Charles gesê.

Hulle bestee weekliks tussen ses tot agt ure aan intensiewe oefening.

Dié twee spelers se volgende doelwit is om Protea-kleure in Swart-bal en 9-bal te verwerf.

Hulle het hul Hemelse Vader bedank vir hulle talent, asook hulle ouers vir hulle ondersteuning.

“Ons wil ook ons borge en werkgewers bedank wat dit moontlik maak om dié sport te beoefen.”

Charles het enigeen wat belangstel om die sport te beoefen, genooi om ’n draai te maak by die nuwe klub wat nou by Ermelo Gholfklub is.

Die klub huisves vier gewone potspeltafels, een 9-bal tafel en twee snoekertafels waar al die dissiplines gespeel en beoefen kan word.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button