Local newsMunicipalNews

Gate op Bethal hou gevaar in

Die vraag word nou gevra dat indien kontrakteur nie gate toemaak nie, waarom die munisipaliteit nie teen hulle optree nie.

BETHAL – Die Echo het onlangs berig oor ’n ondergrondse waterpyp in Kleynhansstraat wat gebars en glo deur die Govan Mbeki Munisipaliteit herstel is.

Die pad is voor huise oopgegrou en nie weer toegemaak nie.

Na die onlangse reën, is die gat toe onder water.

Die Echo ontvang weekliks oproepe van mense oor onveilige gate wat deur munisipale kontrakteurs gegrou is, maar nie weer toegegooi word nie.

Daar is ook al berig oor drie mense wat beseer is, waarvan een haar enkel gebreek het, maar dit blyk nie of die probleem die aandag van munisipale departemente bereik nie.

Mnr. Henry Masango, uitvoerende bemarkings- en kommunikasiebestuurder van die Govan Mbeki Munisipaliteit, is voorheen oor die kwessie uitgevra.

Hy het gesê dat munisipale kontrakteurs veronderstel is om werk op ’n veilige wyse the handhaaf en om die publiek se veiligheid te verseker.

Die vraag word nou gevra dat indien hulle dit nie doen nie, waarom die munisipaliteit nie teen hulle optree nie?

Mnr. Masango het gesê: “Die herseël van paaie in Bethal is ’n deurlopende proses.

“Sodra kontrakteurs klaar is met huidige herseëling, sal Kleynhansstraat volg.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button