Local newsNews

VLU-vroue stap

VLU-vroue neem aan wêreldwye projek deel.

SECUNDA – Lede van verskeie VLU-takke het Donderdag, 7 November by Davieshof byeengekom tydens die Hoëveldstreek se vergadering.

Vroue het toe ook met ’n banier gestap om mense van die Wêreldbond van Plattelandse Vroue (WBPV) bewus te maak.

Volgens me. Magdie de Kock het die uitvoerende bestuur van die WBPV dié bewusmakingsveldtog in 2012 van stapel gestuur toe bykans 10 miljoen lede wêreldwyd aangemoedig is om aan dié projek deel te neem.

Die WBPV organiseer jaarliks verskeie projekte wêreldwyd waar hulle skole, klinieke en hospitale bou.

Lede moes ook geld vir dié organisasie insamel wat gebruik is om kos vir minderbevoorregtes te koop.

Altesaam 40 000 Britse pond is verlede jaar op dié manier ingesamel.

By die wêreldkonferiense wat elke drie jaar plaasvind en onlangs in Indië gehou is, is besluit om dié veldtog vanjaar te herhaal omdat dit so suksesvol was.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button