Local newsNews

Man klou aan boom vir sy lewe

Reddingwerkers het die water aangedurf om die man na veiligheid te bring.

BETHAL – ’n Man is uit ’n boom gered nadat sy voertuig deur die vloed van die pad af weggespoel is.

Die Bethal Brandweerdienste en die Middelburg Polisie se Duikeenheid is na die toneel tussen Bethal en Kriel ontbied waar die man in die boom opgemerk is.

Reddingswerkers het die water aangedurf om hom na veiligheid te bring.

Die polisie vermoed dat nog ‘n voertuig weggespoel is.

Die soort voertuig en of daar insittendes was, is nog nie bekend nie.

Duikers is op 4 Desember na die toneel waar hulle ’n soektog vir die vermistes geloods het, ontbied.

Nie die voertuig of insittendes is tot dusver opgespoor nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button