Local newsNews

Motorfietsryers help kind binne 30 minute

Die Parrot Motorfietsklub van Standerton het ingespring en vinnig gehelp.

STANDERTON – Hierdie tyd van die jaar is almal in rep en roer om nuwe skoolklere en benodighede aan te koop.

Vir sommiges is dit nie beskore nie, wat hoop om hulp en verligting.
Standerton is glad nie ‘n uitsondering op die reël nie en hier is baie kinders wat wonder hoe hulle deur hierdie skooljaar gaan kom sonder die nodige.
Die Parrot Riders van Standerton het van ‘n kind te hore gekom en binne 30 minute het dié kind alles nodig vir gr. 1 gehad.
Skoolklere, wat deur me. Lindie Potgieter van Ermelo geborg is nadat me. Hester Grint van Little Angels ‘n inskrywing op Facebook gemaak het, is ook ingesluit.
Die eienaar van Victory, mnr. Nols Pieterse, het ‘n oortrektrui gegee en die eienaars van Family Fish & Chips, mnr. Ian en me. Ferma Steenkamp, het ‘n skenking vir ‘n skooltas gemaak.
Die president van die Parrot Riders het die reëlings rondom die skenking en die oorhandiging van die skoolbenodighede behartig.
Verlede Saterdag het die lede van die klub die benodighede aan die kind oorhandig.
Dié motorfietsklub het op 15 Februarie ‘n ‘dayjol’ by Cowboy Den in Meyerville, waar almal welkom is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button