SECUNDA – Altesaam 38 kinders het gedurende die vakansie aan die Mini-Bootcamp wat deur Sasol Bootcamp aangebied is, deelgeneem.
Die instrukteur, me. Lynette Victor, het dit gereël sodat kinders bietjie kon wegkom van die televisie en iets aktiefs doen.
Hulle het onder andere kleilat gespeel, oefeninge soortgelyk aan wat soldate in die weermag doen gedoen, watersport en selfs bietjie van selfverdediging geleer.
Hulle het op Donderdag, 3 April die inwoners van Davieshof besoek en hulle gewys wat hulle by Bootcamp geleer het, hulle met ’n paar liedjies vermaak en koekies uitgedeel.
Hulle het die inwoners laat oefen en hulle het dit terdeë geniet.
Volgens me. Victor gaan sy nou elke skoolvakansie so ’n Mini-Bootcamp aanbied en alle kinders is welkom.
Vir meer inligting, skakel haar by 079 064 1832.



