BETHAL – Bethallers kla deesdae oor die plaaslike lisensiekantoor wat nooit werkers aan diens het om hulle te help nie.
Volgens ’n inwoner kan niemand hulle ooit help nie en is die lisensiekantoor altyd aflyn.
“Hoekom het Bethal ’n lisensiekantoor?” het ’n inwoner gevra.
Wat mense nodig het vir ’n leerlingtoets of om ’n lisensie te hernu, word nie duidelik op die klein plakkate weergegee nie.
Die man wat betrokke by die oogtoetse is, is glo nooit daar nie.
Inwoners het gesê dat hulle niks sonder die oogtoets kan doen nie en as hulle wel ’n oogtoets by ’n oogkundige gaan doen het, word daar net vir hulle gesê dat hulle nie dit kan gebruik nie.
“Die werknemers werk nie, maar hulle verdien ’n salaris,” het die inwoners gesê.
Die inwoners het gesê dat hulle vroeg in die oggend gaan om voor in die ry te wees en van hulle gaan in hulle teetyd, maar as hulle voor by toonbank kom, is daar niemand wat kan help nie en daar is altyd verskonings.
Mnr. Henry Masango, hoof van Kommunikasie en Bemarking van die Govan Mbeki Munisipaliteit, het gesê dat die publiek dadelik in kennis gestel word as die lisensiekantoor van lyn af is en volgens hom behoort die rekenaarstelstel nie aan die munisipaliteit nie, maar wel aan die Departement van Vervoer.



