Burgerregte organisasie wag steeds vir inligting van Rand Water en Govan Mbeki Munisipaliteit
AfriForum het in Desember 2024 reeds ’n interlokutêre aansoek by die hof ingedien om inligting van Rand Water te bekom ná dié watervoorsiener die waterdruk na sewe munisipaliteite, insluitende Govan Mbeki Munisipaliteit, verlaag het.
AfriForum baklei steeds om inligting van Rand Water te kry.
AfriForum het in Desember 2024 reeds ’n interlokutêre aansoek by die hof ingedien om inligting van Rand Water te bekom ná dié watervoorsiener die waterdruk na sewe munisipaliteite, insluitende Govan Mbeki Munisipaliteit, verlaag het.
Die Hooggeregshof in Pretoria het egter die organisasie se interlokutêre aansoek van die hand gewys omdat Rand Water later besluit het om nie voort te gaan met drukverlaging nie.
Die hof het destyds vereis dat Rand Water ’n rekord van vergaderings waartydens daar besluit is oor die waterdruk, moes indien, maar die watervoorsiener kon nie dié rekords indien nie.
Dít het AfriForum genoop om ’n interlokutêre aansoek teen Rand Water te bring om volledige inligting te verkry vir die doeleindes van die hofsaak.
Rand Water het egter volgehou dat hulle nie die volledige rekord hoef te voorsien nie omdat hulle teen daardie tyd reeds die besluit om waterdruk te verlaag, teruggetrek het.
ALSO READ: Lekwa Local Municipality are going to take action against illegal land invaders
Volgens Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, is AfriForum egter steeds van mening dat ’n staatsinstansie deursigtig moet wees en die volledige rekord van die oorspronklike besluit om water of waterdruk te verminder, asook die rekords van die besluit om dit terug te trek, beskikbaar moet stel.
“Hoewel die magistraat die interlokutêre aansoek van die hand gewys het aangesien Rand Water nie voortgegaan het met drukverlagings nie, is AfriForum egter van mening dat dié besluit heroorweeg moet word,” het Bekker gesê.
“Volgens die magistraat het dit nie saak gemaak dat Rand Water nie die dokumentasie verskaf het nie, want hulle het nie voortgegaan met hul aanvanklike besluit om waterdruk te verlaag nie; dus hoef die aansoek nie voort te gaan nie.
“Ons voel egter die magistraat moes Rand Water steeds verplig om die inligting te verskaf.”
ALSO READ: Evander Gold Mines launches programme to empower local communities
Volgens Bekker kan dié uitspraak ’n gevaarlike presedent skep waar staatsinstansies besluite maak wat gemeenskappe raak en dan net daardie besluit weer terugtrek sodra die saak in die hof draai.
“Dit skep geen ruimte vir inwoners om daadwerklike antwoorde te kry oor prosesse waartydens daar besluite geneem word wat hulle kan benadeel nie.”
Govan Mbeki Munisipaliteit het op 8 Mei aangedui dat hulle wel inligting gaan verskaf oor hul ooreenkoms met Rand Water en die voorwaardes wat daarmee saamgaan, maar AfriForum het tot dusver nog geen inligting ontvang nie.
“Dit is totaal onaanvaarbaar dat die munisipaliteite en die waterverskaffer net nie die inligting wil verskaf nie of sloer om dit te doen.
“Dié entiteite is veronderstel om oop en deursigtig te wees en om inwoners se belange te dien.
“Dit blyk egter dat hulle net sal stilbly of sloer en dan doen wat hulle wil. Intussen sit inwoners in Bethal steeds sonder water.”



