Die Standerton Polisie het die volgende verdagtes oor die feestyd in hegtenis geneem.
• Vier vir aanranding.
• Een vir drink in die openbaar.
• Vier vir huisbraak en diefstal.
• Een vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen.
• Een vir sakeroof.
• Een vir bedrog.
• Twee vir gewapende roof.
• Drie vir bestuur onder die invloed van alkohol.
• Twee vir die besit van dagga.
• Een vir die kwaadwillige beskadiging van eiendom.
• Drie vir die besit van gesteelde goedere.
Die polisie het ’n beroep op alle boere gedoen om hulle vee te merk, omdat veediefstal gedurende die afgelope tyd ’n groot probleem geword het.
“Dit is moeilik om vee te identifiseer as hulle nie gemerk is nie,” het lt. Fanie Nhlabathi, woordvoerder van die Standerton Polisie, gesê.



