Local newsNews

Sophie wys hoe om bruidsruikers te maak

Belangstellendes is welkom om Februarie se vergadering by te woon.

SECUNDA – Lede van die Teksa Blommeklub het hul jaar op Donderdag, 22 Januarie afgeskop met hul eerste vergadering.

Me. Sophie Hugo het vir lede gewys hoe om bruidsruikers te maak en lede kon ook rangskikkings vir die maandelikse kompetisie inskryf.

Dié ruikers is beoordeel en vir Januarie moes lede rangskikkings inskryf met nie meer nie as drie soorte plantmateriaal in hul ruikers.

Teksa Blommeklub vergader weer op 26 Februarie om 9vm in die saal by Davieshof en belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.

Skakel me. Hugo by 083 701 9709.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 29C64351

WhatsApp – 082-611-3867

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button