EVANDER – Diewe het onlangs in ses huise in St. Andrewsstraat ingebreek en sers. Sibusiso Mbuli, woordvoerder van die Evander Polisie, is die toename in huisbrake besig om geweldig toe te neem.
Huisbrake vind enige tyd plaas en die polisie vermoed die diewe inwoners se roetine dophou.
Die algemeenste patroon wat diewe gebruik, is om die agtergeboue te gebruik.
Items soos selfone, televisies en klere word gesteel en word vermoedelik verpand om kontant in die hande te kry.
Polisiebeamptes en die sektorpolisie patrolleer saans die strate en vind baie verdagte motors en mense.
Dit is onder die gemeenskap se aandag gebring dat die werkloosheidsyfer in die gebied toeneem en dit is glo die hoofrede waarom mense inbreek.
Nog niemand is in hegtenis geneem nie.
Hier is ’n paar wenke om huisbrake te voorkom:
* Bou ’n verhouding met jou bure op sodat hulle na jou huis kan kyk as jy weggaan.
* Skaf honde aan.
* Verhoed opgehoopte pos en koerante voor jou deur sodat mense nie jou afwesigheid raaksien nie.
* Maak seker jou alarm werk.
* Meld enige verdagte mense of voertuie by die naaste polisiestasie aan.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590


