Local sportNewsSASOLSport

Sasol-stoeiers blink uit

Sasol Stoeiklub nooi belangstellende jong stoeiers na oefeninge.

SECUNDA – Lede van Sasol Stoeiklub het die afgelope maand presteer tydens verskeie toernooie.

Albert Swanepoel het aan die Suid-Afrikaanse Graderingskampioenskappe deelgeneem en die 0/17-vrystyl- asook die Grieks-Romeinse afdelings gewen.

Sasol se Pumatjie-stoeiers het ook goed gevaar en knopies ontvang toe hulle aan die MSV Pumatjie-toernooi deelgeneem het.

Dié Puma-stoeiertjies is Robbert Jonck, Divan Mulder, Ludolph Steenkamp, Divan Smit, Zandre Smit, Ethan Möhr, Henco Coetzee en Hans Schutte.

Ernest Schreuder het eerste in die meestervrystylafdeling in die Mpumalanga-graderingskampioenskappe wat op Saterdag, 14 Maart op Ermelo plaasgevind het, geëindig.

Verskeie stoeiers het ook in die langtermynontwikkelingsafdeling, waar daar geen wenner aangewys word nie, deelgeneem en al die stoeiers het medaljes gekry.

Dié stoeiers is Jordan Webb, Jean Janse van Nieuwenhuizen en Jaden Grobler.

Die president van Sasol Stoeiklub, mnr. Johan van den Berg, het gesê hy is trots op die stoeiers en alle voornemende stoeiers is welkom om by die klub aan te sluit.

Seuns en dogters vanaf die ouderdom van vyf jaar oud kan stoei en die klub oefen op Maandae en Woensdae vanaf 6nm tot 8nm in die hoofsportsaal van die Sasol Ontspanningsklub.

Vir meer inligting, skakel mnr. Van den Berg by 082 322 9893 of me. Lollie van den Berg by 082 343 7800.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button