Sasol-skopboksers ryg medaljes in
Vegters palm 5 goue, 3 silwer- en 5 bronsmedaljes in.
SECUNDA – Lede van die Secunda Kickboxing Academy het onlangs aan die Great North 1 Skopbokskompetisie in Pretoria deelgeneem en medaljes ingepalm.
Hulle het vyf goue, drie silwer- en vyf bronsmedaljes huis toe gebring.
Die vegters het met hul deelname aan dié kompetisie ook gekwalifiseer om in Augustus aan die Suid-Afrikaanse Skopbokskampioenskappe in Kaapstad deel te neem.
Secunda Kickboxing Academy se lede oefen op Maandae en Woensdae vanaf 6nm tot 8.30nm by Graceland Kickboxing Academy.
Vir meer inligting, skakel sensei Louwrens Botha by 072 357 5090.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590





