Bethal-slaggate maak motoriste die josie in
Paaie vereis dringende instandhouding.
BETHAL – Inwoners kla omdat slaggate net tydelik herstel word.
“Nie almal van ons ry bakkies nie en as ons stadiger ry om te voorkom dat ons motors skade opdoen wanneer ons deur die slaggate moet ry, raak ander motoriste ongeduldig,” het ’n inwoner gesê.
Motoriste swaai vir dié gate uit en gebruik die aankomende baan, wat beteken dat hulle die risiko loop om met aankomende verkeer te bots.
Slaggate langs die voormalige Nestlé-gebou in Malherbestraat maak padverbruikers die josie in.
Daar is ook baie slaggate naby Jim van Tonderskool in Festensteinlaan.
“Dit is asof daar geen erns by die munisipaliteit is om die toestand van ons dorp te verbeter nie,” het die inwoner gesê.
“As die munisipaliteit nie die instandhouding doen nie, is ons beter af met grondpaaie.”
Mnr. Henry Masango, hoof van bemarking en kommunikasie van die Govan Mbeki Munisipaliteit, het nie teen druktyd kommentaar gelewer nie.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590




