Local sportNewsSport

Ermelo skuts blink uit

Junior skut van Ermelo presteer in pistoolskietkampioenskap.

Vier lede van die Ermelo Defensive Pistol Club het met welslae aan die SADPA Northern Nationals pistoolskietkompetisie deelgeneem wat op 18 en 19 April in Centurion plaasgevind het,

Die kompetisie is oor 16 bane gehou wat die skuts se vermoëns deeglik beproef het.

John Whatley, ’n 17-jarige junior skut, het besonder goed gevaar en ’n eerste plek in die skerpskutter-afdeling behaal asook die algehele tweede plek in die junior afdeling. John se algehele puntetelling was van so ’n hoë standaard dat hy ná afloop van die kompetise as ’n “Expert”geklassifiseer is. Hy het tydens die kompetisie vier “Expert” en 22 skerpskutters uitgestof.

Christelle Whatley het ’n tweede plek in die Custom Defensive Pistol (CDP) vroue-beginnersafdeling verower en Vivian Whatley het ook ’n tweede plek in die mans CDP-skerpskutterafdeling behaal.

Cecilia Beukes het ’n tweede plek in die vroue Enhanced Service Pistol (ESP) beginnersafdeling behaal.

Altesaam 170 skuts het aan die kompetisie deelgeneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button