SECUNDA – Inwoners is bekommerd oor huisbrake wat toeneem.
Die sektorpolisie twee, drie en vier het bevestig dat daar sowat sewe huisbrake daagliks plaasvind.
Diewe hou die huise dop en slaan toe as ouers en kinders by die werk en skool is.
Hulle gebruik ’n nuwe metode om te verhoed dat alarmstelsels geaktiveer word en dit gee hulle genoeg tyd om die huise binne te dring.
“Items soos platskerm-televisies, skootrekenaars en ander elektriese toestelle word gesteel.”
Inwoners het onlangs opgemerk dat ’n vragmotor wat as ’n vervoervragmotor voorkom, meubels in huise oplaai en dit sonder toestemming vervoer.
Die bestuurder van die vragmotor word as gevaarlik beskryf.
Die polisie is in kennis gestel en ondersoek tans die saak.
Inwoners is gevra om waaksaam te wees en die polisie te kontak as iemand die vragmotor gewaar.
Baie verdagte motors word in woonbuurte opgemerk en die probleem het onlangs toegeneem.
Hulle is glo deel van sindikate wat van dorp to dorp beweeg.
Misdaadbekamping begin by inwoners wat die polisie help.
Die sektorpolisie moedig inwoners aan om aan te sluit
“Die gemeenskap is ons oë en ore,” het luit. Bettina Zondo, skakelbeampte van Secunda Polisie, gesê.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590


