Local newsMunicipalNews

Lisensiekantoor se werkers is onbehulpsaam

“Hoekom is die diens so swak en hoekom is hulle so onbehulpsaam?”

BETHAL – Inwoners het nie woorde om die plaaslike lisensiekantoor se swak dienslewering te beskryf nie.

Die kantoor wat daagliks om 7.30vm moet oopmaak, laat inwoners tot na 8vm buite wag voordat hulle die deure oopsluit.

“My seun (18) moes vir sy rybewys gegaan het en dit was al 8.30vm toe hulle eers die mense begin help het,” het ’n inwoner gesê.

Sy het ook gesê dat daar mense is wat al van voor sewe in die oggende in die rye staan.

’n Inwoner was vir ’n maand lank elke dag gedurende die week daar om sy oë te toets en daar is net vir hom gesê dat die masjien buite werking is of dat die werker nie daar is nie.

Die lisensiekantoor is permanent van lyn af en die werkers agter die toonbank help inwoners nie.

Daar is ook nie duidelike plakkate op wat inwoners inlig wat hulle benodig nie.

Volgens inwoners is van die werkers blatant ongeskik en inwoners moet ver ry om hulle lisensies te hernu.

“Die diens is swak en dit is asof dit hulle nie eers pla nie.”

Daar word op ’n daaglikse basis by me. Michelle Viljoen van die DA gekla.

Inwoners staan ook in lang rye en daar word somtyds net skielik ’n papier wat sê ‘offline’, opgesit.

“Hoekom is die diens so swak en hoekom is hulle so onbehulpsaam?”

Inwoners het ook gevra hoekom ander lisensiekantore goeie gehalte diens lewer, maar nie Bethal nie ?

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button